besef [boodskap #127038] |
Sat, 13 July 2019 08:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
besef
Afbreking: be•sef
Uitspraak: /bəˈsɛf/
Selfstandige naamwoord: besef
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Bewuswording van iets; die begryp en verstaan van wat aangaan.
Gebruik:
• Hulle het geen besef gehad van die gevaar waarin hulle verkeer het nie.
Verwant:
• pligsbesef
Vertaling:
Engels: sense, realisation, awareness, conception, notion
Nederlands: besef
Werkwoord: besef
Verlede tyd: het besef
Teenwoordige deelwoord: beseffende
Betekenis:
• Tot die insig kom; iets begryp en verstaan.
Gebruik:
• Hy besef dat hy nie die eksamen op sy eie sonder hulp sal deurkom nie.
Vertaling:
Engels: to realise, notice, conceive, perceive
Nederlands: beseffen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|