Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wag
wag [boodskap #127030] Sat, 13 July 2019 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Soldaat wat wagstaan.
'n Soldaat wat wagstaan.
wag
Afbreking: wag
Uitspraak: /vaχ/




Selfstandige naamwoord: wag
Meervoud: wagte
Verkleinwoord: waggie
Meervoud van verkleining: waggies

Betekenis:
• Persoon wat iets oppas en beskerm; iemand wat waghou of bewaak.

Gebruik:
• Die wag wat die magasyn moes bewaak het aan die slaap geraak.

Hiponiem:
• brandwag
• buurtwag
• lyfwag
• nagwag
• ruiterwag
• sekuriteitswag
• skildwag
• strandwag
• veiligheidswag

Afgelei:
• waghou
• waglys
• wagter
• wagtoring
• wagtou
• wag-'n-bietjie
• wag-'n-bietjie-boom

Vertaling:
Engels: guard, watchman
Nederlands: wacht


Werkwoord: wag
Verlede tyd: het gewag
Teenwoordige deelwoord: wagtend, wagtende

Betekenis:
• Bly tot iemand kom of iets gebeur.
• Uitstel; voorlopig nie doen nie.

Gebruik:
Wag vir my na skool in die parkie.
• Kom ons wag nog 'n bietjie voordat ons besluit.

Spreekwoord:
• Jy gaan jou peetjie af wag. [Baie lank wag.]
• Belofte maak skuld; wie daarop wag is gekuld. [Iemand moet sy belofte nakom.]

Vertaling:
Engels: to wait
Nederlands: wachten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: presies
Volgende onderwerp: moenie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:27:21 UTC 2024