Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
daarvoor
Afbreking: daar•voor
Samestelling: daar (v.nw.) + voor (voors.)
Voornaamwoord: daarvoor
Betekenis:
• Vir dit.
• Fisies voor iets anders.
Gebruik:
• Daarvoor kry sy 3 jaar gevangenisstraf.
• Die deur gaan toeklap. Sit 'n klip daarvoor.
Spreekwoord:
• Jou neus daarvoor optrek. [Dit minag.]
• Hy lek sy lippe af daarvoor. [Jou by voorbaat in iets verlustig.]
• Hy slyp sy tande daarvoor. [Hy maak hom klaar daarvoor; iets by voorbaat geniet.]
• Hy moet maar pa staan daarvoor. [Die egtheid en betroubaarheid van iets waarborg.]