Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gehoor
gehoor [boodskap #127022] Fri, 12 July 2019 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Gehoor.
'n Gehoor.
gehoor
Afbreking: ge•hoor



Selfstandige naamwoord: gehoor
Meervoud: gehore
Verkleinwoord: gehortjie
Meervoud van verkleining: gehortjies

Betekenis:
• Groep mense wat na 'n toespraak luister of 'n optrede aanskou; publiek by 'n uitvoering.
• Die vermoë om te hoor; stelsel waarmee klank waargeneem word.

Gebruik:
• Die gehoor het die sanger toegejuig.
• My oupa se gehoor is nie meer wat dit was nie.

Afgelei:
• gehoorbeentjie
• gehoorfrekwensie
• gehoorskade
• gehoorstuk
• gehoortoets
• gehoorverlies

Vertaling:
Engels: audience, hearers; hearing
Nederlands: gehoor


Werkwoord: hoor
Verlede tyd: het gehoor
Teenwoordige deelwoord: horende

Betekenis:
• Verlede deelwoord van hoor.

Gebruik:
• Het jy dit ook gehoor?

Spreekwoord:
• Kinders moet gesien, maar nie gehoor word. [In die teenwoordigheid van grootmense moet kinders stil wees.]

Vertaling:
Engels: heard
Nederlands: gehoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jammer
Volgende onderwerp: daarvoor
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:29:48 UTC 2024