Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » aar
aar [boodskap #127020] Fri, 12 July 2019 19:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Are in 'n mense se lyf.
Are in 'n mense se lyf.
aar
Afbreking: aar




Selfstandige naamwoord: aar
Meervoud: are
Verkleinwoord: aartjie
Meervoud van verkleining: aartjies

Betekenis:
• (anatomie) Pypies/buise waardeur bloed vloei, meer spesifiek, bloedvate waarin bloed na die hart teug vloei.
• (plantkunde) Pluime van plante (soos koring) waaraan sade sit; bloeiwyse van gras- of graangewasse.
• Iets wat soos 'n aar lyk of daaraan herinner (bv. are op plantblare, 'n ondergrondse waterleiding of neerslag van minerale).

Gebruik:
• Jy sal 'n aar bars. Die bloed vries in haar are toe sy die geskreeu hoor.
• Die are word van die land geoes.
• Hulle het 'n aar raakgeboor.

Hiponiem:
• goudaar
• koringaar
• slagaar

Afgelei:
• aaragtig
• aarbloeding
• aarontsteking
• aarslag
• aarverdikking
• aarverharding
• aarverkalking
• aarvernouing
• aarverstopping
• aarvoeding
• aarvormig

Vertaling:
Engels: vein; ear of corn; underground-watercourse
Nederlands: ader; aar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vat
Volgende onderwerp: jammer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:47:33 UTC 2024