Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spook
spook [boodskap #127017] Thu, 11 July 2019 18:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Voorstelling van 'n spook.
Voorstelling van 'n spook.
spook
Afbreking: spook




Selfstandige naamwoord: spook
Meervoud: spoke
Verkleinwoord: spokie
Meervoud van verkleining: spokies

Betekenis:
• 'n Wese sonder 'n liggaam wat in die nag ronddwaal en mense bang maak; geesverskyning.
• 'n Voorstelling of denkbeeld wat mense bang maak; skrikbeeld; nagmerrie.

Gebruik:
• 'n Spook word gereeld in die ou kasteel gesien. Glo jy in spoke?
• Die spook van die oorlog wil maar net nie gaan lê nie.

Sinoniem:
• gees

Afgelei:
• spokejag
• spokerig
• spokery
• spookagtig
• spookhuis
• spookskip
• spookdorp

Vertaling:
Engels: ghost, spirit, phantom
Nederlands: spook


Werkwoord: spook
Verlede tyd: het gespook

Betekenis:
• Soos 'n spook verskyn; besoek wat deur geeste aan mense aflê word.
• Harde werk; worstel.

Gebruik:
• Dit lyk asof dit hier spook!
• Die brandweermanne spook om die vuur te blus.

Vertaling:
Engels: to haunt, expostulate
Nederlands: spoken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: als
Volgende onderwerp: hersenskim
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 18:28:33 UTC 2024