storie [boodskap #127006] |
Wo, 10 Julie 2019 14:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20617 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
storie
Afbreking: sto•rie
Selfstandige naamwoord: storie
Meervoud: stories
Verkleinwoord: storietjie
Meervoud van verkleining: storietjies
Betekenis:
• 'n Verhaal of vertelling wat mens lees of hoor.
• 'n Leun of verdigsel; nie die waarheid nie.
Gebruik:
• Ouma vertel vir ons die storie van Rooikappie.
• Moenie vir my 'n storie vertel nie.
Sinoniem:
• verhaal
• vertelling
Hiponiem:
• jakkals-en-wolf-storie
• sak-sarel-storie
• sensasiestorie
• skinderstorie
• spekstorie
• spookstorie
• tekenstorie
• wolhaarstorie
Afgelei:
• storieboek
• storieverteller
• storietyd
Vertaling:
Engels: story, narrative
Nederlands: story, verhaal, vertelling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|