Leksikograaf Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
niemand
Afbreking: nie•mand
Onbepaalde voornaamwoord: niemand
Betekenis:
• Geen mens nie; nie 'n enkele persoon nie.
Gebruik:
• Daar is niemand tuis nie.
• Niemand wat iets weet nie, niemand wat iets doen nie, niemand wat kan skel nie.
Spreekwoord:
• Hy dink hy is iemand, almal weet hy is niemand. [Hy dink hy is belangrik, maar is glad nie.]
• Niemand kan twee here dien nie. [Nie aan twee dinge tegelyk aandag wy of twee partye aanhang nie.]
• Niemand so blind as wie nie wil sien nie. [Iemand wat nie oortuig kan word nie, al weet hy hy is verkeerd.]
• Niemand 'n strooi(tjie) in die pad lê nie. [Niemand kwaad doen of hinder nie.]
• Gebraaide duiwe vlieg niemand in die mond nie. [Sonder inspanning bereik 'n mens niks.]
• Armoede met ere, kan niemand dere. [As jy eerbaar is, is geldgebrek nie belangrik nie.]
Antoniem:
• iemand
Vertaling:
Engels: nobody, no one, none
Nederlands: niemand
Nota:
• As 'n mens "niemand" gebruik, moet daar altyd 'n "nie" later in die sin kom.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.