Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » graag
graag [boodskap #127002] Wo, 10 Julie 2019 13:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
graag
Afbreking: graag
Uitspraak: /χrɑːχ/




Bywoord: graag
Vergrotende trap: liewer, eerder
Oortreffende trap: graagste
Intensief: bittergraag, dolgraag

Betekenis:
• Iets waarvan jy sal hou; gewillig; gretig; begerig.

Gebruik:
• Ek loop graag op die strand.
• Ons gaan eet graag uit.

Spreekwoord:
• Ek wil nie graag in haar skoene staan nie. [Nie graag in haar posisie wees nie.]
• Wat jonk is, speel graag; wat oud is, neul graag. [Kinders hou daarvan om te speel en ou mens om te kla.]

Vertaling:
Engels: willingly, gladly, readily
Nederlands: graag


Tussenwerpsel: graag

Betekenis:
• Asseblief; met genoeë; met plesier.

Gebruik:
• Wil jy koekies hê? Ja, graag!

Vertaling:
Engels: please
Nederlands: graag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nogal
Volgende onderwerp: besig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 19:33:46 MGT 2024