Leksikograaf Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
darem
Afbreking: da•rem
Uitspraak: /ˈdɑː.rəm/
Bywoord: darem
Betekenis:
• (sonder nadruk) Dui op iets wat nie verwag is nie; tog, ten minste, sowaar.
• (met nadruk) Dui op iets wat beklemtoon word; baie, erg, regtig, werklik, inderdaad.
Gebruik:
• Dink jy darem nog aan my? Hy het darem ja gesê. Dit was 'n noue ontkoming, maar ons het darem 'n lekker storie om te vertel.
• Sy is darem slim. Dit het darem vir jou gereën, hoor!
Spreekwoord:
• Dis darem te dik vir 'n daalder. [Dis te erg / duur.]
• Ons is nie haastig nie, maar wil darem aanjakkals. [Ons sal teen 'n stadige pas beweeg.]
Spelfout:
• darm
Vertaling:
Engels: after all, all the same, though; really, truly, genuinely
Nederlands: toch, wel
Nota:
• "Darem" is 'n doeblet (tweelingwoord) van "daarom", met 'n gemene oorsprong, maar met 'n subtiele betekenisverskil.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.