Leksikograaf Boodskappe: 20614 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ken
Afbreking: ken
Werkwoord: ken
Verlede tyd: het geken
Betekenis:
• Weet van; vertroud of bekend wees met.
• Deur studie of oefening geleer het.
Gebruik:
• Ken jy al jou nuwe bure?
• Ek ken die werk en is reg vir die toets.
Spreekwoord:
• Hy ken nie die ABC nie. [Hy weet niks.]
• Hy ken nie die einde van sy rykdom nie. [Baie ryk.]
• Hy ken nie 'n A voor 'n B nie. [Glad nie geleerd nie.]
• Iets op die punte van jou vingers ken. [Iets baie goed ken.]
• Ek ken hom net van hoor. [Weet wie iemand is sonder dat jy met hom kennis gemaak het.]
• Iemand aan sy vriende ken. [Iemand beoordeel aan die mense met wie hy omgaan.]
• Jy kan die boom aan sy vrugte ken. ['n Mens se karakter kom in sy dade uit.]
• Jy ken die boer aan sy kalwers. ['n Mens se dade weerspieël sy hoedanighede.]
• Jy moet jou draaie ken. [Jy moet presies weet wat om te doen.]
• In nood leer 'n mens jou vriende ken. [Iemand wat jou ook in ware omstandighede bystaan, is 'n ware vriend.]
Vertaling:
Engels: to know, be acquainted with, recognise
Nederlands: kennen
Selfstandige naamwoord: ken
Meervoud: kenne
Verkleinwoord: kennetjie
Meervoud van verkleining: kennetjies
Betekenis:
• (anatomie) Die onderste punt van die gesig; voorste ronding van 'n mens se onderkaak.
Gebruik:
• Hy vryf sy ken terwyl hy oor die saak dink.
Wisselvorm:
• kin
Verwant:
• kennebak
Vertaling:
Engels: chin
Nederlands: kin
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.