Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wonder
wonder [boodskap #126989] Wo, 10 Julie 2019 08:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
wonder
Afbreking: won•der




Selfstandige naamwoord: wonder
Meervoud: wonders, wondere
Verkleinwoord: wondertjie
Meervoud van verkleining: wondertjies

Betekenis:
• Iets wat mens verbaas en nie deur natuurlike oorsake verklaar kan word nie. 'n Gebeurtenis waaraan 'n bonatuurlike oorsprong toegeskryf word.
• Wat groot verbasing wek; onmoontlik lyk.

Gebruik:
• Die Bybel vertel oor die wondere wat Jesus verrig het.
• Die wonder van die natuur laat mens na jou asem snak. Dit was 'n wonder dat hy die ongeluk oorleef het.

Spreekwoord:
• Hy het wonder bo wonder geslaag. [Dis byna ongelooflik.]

Hiponiem:
• godswonder
• natuurwonder

Afgelei:
• wonderlik
• wonderteken

Vertaling:
Engels: miracle, wonder
Nederlands: wonder


Werkwoord: wonder
Verlede tyd: het gewonder

Betekenis:
• Bedink of iets dalk so kan wees; jou afvra.

Gebruik:
• Ons wonder of die forum suksesvol sal wees.

Afgelei:
• bewonder

Vertaling:
Engels: to wonder
Nederlands: zich afvragen (wonderen)

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: barmhartig
Volgende onderwerp: gesien
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 19:36:37 MGT 2024