barmhartig [boodskap #126988] |
Wed, 10 July 2019 07:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
barmhartig
Afbreking: barm•har•tig
Byvoeglike naamwoord: barmhartig
Vergrotende trap: barmhartiger
Oortreffende trap: barmhartigste
Attributief: barmhartige
Betekenis:
• ’n Intense gevoel van ontferming of meegevoel teenoor andere; op vergewende wyse begrip toon vir iemand anders se probleme.
Gebruik:
• Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word. [Matteus 5:7]
Sinoniem:
• deernisvol
• goedertierend
• liefdevol
• medelydend
• mensliewend
• milddadig
• samaritaans
• simpatiek
• weldadig
• welwillend
Antoniem:
• onbarmhartig
Afgelei:
• barmhartigheid
• barmhartighede
Vertaling:
Engels: merciful, charitable
Nederlands: barmhartig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|