Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoor
hoor [boodskap #126985] Wed, 10 July 2019 06:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die menslike oor.
Die menslike oor.
hoor
Afbreking: hoor



Werkwoord: hoor
Verlede tyd: het gehoor
Teenwoordige deelwoord: horende

Betekenis:
• Geluide (klanke) met die ore waarneem, sonder om noodwendig te luister (aandag te skenk).

Gebruik:
• Doofheid is 'n onvermoë of verminderde vermoë om te hoor, oftewel ouditiewe inligting waar te neem.

Spreekwoord:
• Ek het 'n voëltjie hoor fluit. [n Gerug gehoor.]
• Jy kan 'n speld hoor val. [Dit was baie stil.]
• Sy sal nooit die end daarvan hoor nie. [Sy sal aanhou gespot of verwyt word.]
• Uit die mond van die kind, sal jy die waarheid hoor. ['n Kind sê wat hy dink en steek niks weg nie.]
• Die klok hoor lui, maar nie weet waar die bel hang. [Iets van 'n saak gehoor, maar weet niks van die besonderhede.]
• As kok en koksmaat rusie kry, dan hoor jy waar die spek bly. [Wanneer twee samesweerders rusie kry, openbaar hulle mekaar se geheime.]
• Praat van 'n engeltjie en jy hoor sy vlerke klap. [Gesê wanneer iemand oor wie gepraat word, onverwags op die toneel verskyn.]

Verwant:
• luister

Vertaling:
Engels: to hear
Nederlands: horen


Selfstandige naamwoord: hoor

Betekenis:
• Die handeling of gewaarwording van hoor.

Gebruik:
• Sy ken hulle net van hoor.

Spreekwoord:
Hoor is min. [Hy wil nie luister nie.]
Hoor en sien vergaan. [Daar is 'n groot lawaai.]
• Van hoor en sê, lieg mens veel. [Deur oorvertel word baie onwaarhede verkondig.]
• Wie nie wil hoor nie, moet voel. [As iemand ongehoorsaam is, moet hy gestraf word.]
• Ek ken hom net van hoor. [Weet wie iemand is sonder dat jy met hom kennis gemaak het.]

Vertaling:
Engels: hear
Nederlands: horen


Tussenwerpsel: hoor

Betekenis:
• Ter bevestiging, ontkenning, toestemming, instemming ens. tussen of na 'n uitspraak of mededeling.

Gebruik:
Hoor, hoor!
• Meerminne bestaan nie regtig nie, hoor!

Vertaling:
Engels: hear
Nederlands: hoor

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dinge
Volgende onderwerp: verstaan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 16:45:41 UTC 2024