Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ding
ding [boodskap #126983] Tue, 09 July 2019 20:39
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21089
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
ding
Afbreking: ding




Selfstandige naamwoord: ding
Meervoud: dinge
Verkleinwoord: dingetjie
Meervoud van verkleining: dingetjies

Betekenis:
• Saak of voorwerp, iets wat op sy eie bestaan, maar wat nie 'n mens of dier is nie.
• Voorval, gebeurtenis, aangeleentheid of omstandigheid.
• Meisie; nooi (as verkleinwoord).

Gebruik:
• Sit elke ding terug op sy plek.
• Dit was nou vir jou 'n ding.
• Waar kom jy aan die mooi jong dingetjie?

Spreekwoord:
• 'n Ding by die naam noem. [Reguit praat.]
• Net vir een ding oog en oor hê. [Net in een ding belangstel.]
• Al dra 'n aap 'n goue ring, hy is en bly 'n lelike ding. [Mooi klere alleen maak nie die man nie.]
• Spyt is 'n goeie ding, maar dit kom altyd te laat. ['n Mens het slegs berou nadat 'n saak reeds verbrou is.]

Afgelei:
• dinges
• onding

Vertaling:
Engels: thing, matter, object
Nederlands: ding

Nota:
• 'n "Ding" is gewoonlik iets waarvan mens nie die naam ken nie of nie op die naam wil noem nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: proboskis
Volgende onderwerp: dinge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 04:24:54 UTC 2025