Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bietjie
bietjie [boodskap #126980] Tue, 09 July 2019 14:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bietjie
Afbreking: bie•tjie
Uitspraak: /biki/




Selfstandige naamwoord: bietjie
Meervoud: bietjies

Betekenis:
• 'n Klein hoeveelheid.
• 'n Kort rukkie.

Gebruik:
• Ek het net 'n bietjie pap gekry.
• Ons kan 'n bietjie later gaan stap.

Verwant:
• bietjie-bietjie
• wag-'n-bietjie
• blinkblaar-wag-'n-bietjie

Vertaling:
Engels: little bit, a few; short while, a bit
Nederlands: beetje


Bywoord: bietjie
Vergrotende trap: minder
Oortreffende trap: die minste

Betekenis:
• Liewer, eerder.
• Effens, taamlik.

Gebruik:
• Kom bietjie hier.
• Dis bietjie koud vanoggend. Die preek van bietjie lank gewees.

Spreekwoord:
• Baie broek, bietjie man. [Grootprater.]
Bietjie baard, maar klipsteenhard. [Gesê van 'n ervare persoon.]

Antoniem:
• baie

Vertaling:
Engels: rather, slightly
Nederlands: beetje

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: niks
Volgende onderwerp: natuurlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:18:58 UTC 2024