Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
niks
Afbreking: niks
Onbepaalde voornaamwoord: niks
Betekenis:
• Geen enkel ding nie.
Gebruik:
• Hy begryp niks hiervan nie.
Spreekwoord:
• Dit sê niks. [Dit bewys niks.]
• Dit maak niks nie. [Dis van geen belang nie.]
• Die langslewende erf niks. [Die boedel is bankrot.]
• Die een dag fiks, die ander dag niks. [Die een dag het hy iets en dan verloor hy weer alles.]
• Ek het niks aan hom nie. [Geen plesier, ondersteuning van iemand kry nie.]
• Hy het nog niks oor sy lippe gehad nie. [Hy het nog niks geëet of gedrink nie.]
• Niks met iemand uit te waai hê nie. [Niks met iemand te doen hê nie.]
• Niks vir niks en baie min vir 'n sikspens. [Vir alles moet kontant betaal word.]
• Sê niks dan is daar niks. [Bly liewer stil dan bewaar jy die vrede.]
• Sy hande staan vir niks verkeerd nie. [Hy kan alles doen.]
• Van die hele sous niks weet nie. [Van die hele saak niks weet nie.]
• Van sit en staan, kom niks gedaan. ['n Mens rig niks uit as jy dit nie ernstig aanpak nie.]
• Daar groei niks in die skaduwee van 'n groot boom nie. [Iemand wat naby aan 'n groot persoonlikheid beweeg, kry nie kans om self te ontwikkel nie.]
• Daar is niks aan te doen nie. [Dis 'n verlore saak.]
• Daar is niks nuuts onder die son nie. [In werklikheid is daar niks wat nie reeds in die een of ander vorm bestaan of ervaar is nie.]
Sinoniem:
• bokkerol
• geen
• nil
• nul
• zero
Antoniem:
• iets
Vertaling:
Engels: nothing, none
Nederlands: niks
Nota:
• As 'n mens "niks" gebruik, moet daar altyd 'n "nie" later in die sin kom.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.