Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » seker
seker [boodskap #126975] Mon, 08 July 2019 20:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
seker
Afbreking: se•ker




Byvoeglike naamwoord: seker
Vergrotende trap: sekerder
Oortreffende trap: sekerste
Attributief: sekere
Intensief: doodseker

Betekenis:
• Van iets oortuig wees; waaraan nie getwyfel hoef te word nie.
• Die een of ander; 'n bepaalde.

Gebruik:
• Die winkelier sal my seker nie verneuk nie.
Sekere mense word altyd voorgetrek.

Spreekwoord:
• Dis wis en seker. [Daar is nie die minste twyfel aan nie.]
• Ons doen dit stadig maar seker. [Baie stadig werk, maar dit goed doen.]
• Van die dood in die wêreld gekom het, is 'n mens nie seker van jou lewe nie. ['n Mens kan nooit seker wees wat in die toekoms sal gebeur nie.]

Antoniem:
• onseker
• besluiteloos

Afgelei:
• sekerheid
• sekerlik

Vertaling:
Engels: sure, certain, positive
Nederlands: zeker


Bywoord: seker

Betekenis:
• Waarvan die kanse goed is.

Gebruik:
• Hy is seker nog by die werk.
• Dis seker wat gebeur het.

Sinoniem:
• vermoedelik
• waarskynlik

Vertaling:
Engels: probably, likely
Nederlands: zeker

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: julle
Volgende onderwerp: gepos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:52:30 UTC 2024