julle [boodskap #126974] |
Ma, 08 Julie 2019 20:18 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
julle
Afbreking: jul•le
Uitspraak: /ˈjœlə/
Persoonlike voornaamwoord: julle
Betekenis:
• Verwys na meer as een persoon (onderwerpsvorm of voorwerpsvorm van die persoonlike voornaamwoord, tweede persoon, meervoud).
Gebruik:
• Kon julle die plek maklik vind?
• Die voorsitter sal julle 'n spreekbeurt gee.
• Ons wil niks van julle hoor nie.
Antoniem:
• hulle
Vertaling:
Engels: you
Nederlands: jullie
Besitlike voornaamwoord: julle
Betekenis:
• Dui aan dat iets aan die persone met wie jy praat behoort.
Gebruik:
• Is hierdie julle huis?
• Maar nou het julle julle woord verbreek. [Jeremia 34:16]
Vertaling:
Engels: your
Nederlands: jullie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|