volstruis [boodskap #126967] |
Mon, 08 July 2019 07:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
volstruis
Afbreking: vol•struis
Selfstandige naamwoord: volstruis
Meervoud: volstruise
Verkleinwoord: volstruisie
Meervoud van verkleining: volstruisies
Betekenis:
• 'n Groot loopvoël wat nie kan vlieg nie, Struthio camelus, inheems aan Afrika.
Gebruik:
• 'n Volstruis het 'n maklik-herkenbare voorkoms met 'n lang nek en lang bene waarmee hy baie vinnig kan hardloop.
Spreekwoord:
• 'n Maag soos 'n volstruis hê. [Alles kan eet.]
• Hy is nes 'n volstruis, waar hy kom, daar is hy tuis. [Hy is oral tuis.]
Afgelei:
• volstruisboer
• volstruiskuiken
• volstruismannetjie
• volstruismaag
• volstruisnes
• volstruisplaas
• volstruispolitiek
• volstruiswyfie
Verwant:
• emoe
Vertaling:
Engels: ostrich
Nederlands: struisvogel, vogelstruis
Nota:
• Baie volstruise saam word 'n trop volstruise genoem.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|