Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » molshoop
molshoop [boodskap #126955] Sun, 07 July 2019 10:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21089
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Molshope op 'n grasperk.
Molshope op 'n grasperk.
molshoop
Afbreking: mols•hoop
Samestelling: mol + -s- + hoop



Selfstandige naamwoord: molshoop
Meervoud: molshope
Verkleinwoord: molshopie
Meervoud van verkleining: molshopies

Betekenis:
• Die ingang van 'n mol se nes; hopies grond wat deur molle uit die aarde gedolwe is.

Gebruik:
• Daar is 'n molshoop op ons grasperk.

Spreekwoord:
• Toe Tafelberg nog 'n molshoop was. [Baie lank gelede.]
• 'n Berg van 'n molshoop maak. [Baie oordryf; iets groots van ’n nietigheid maak.]
• Saans gousblom, soggens molshoop. [Gesê as iemand laat feesgevier het en die volgende oggend nie kan opkom nie.]

Vertaling:
Engels: molehill
Nederlands: molshoop

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: balein
Volgende onderwerp: edik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 04:35:05 UTC 2025