Betekenis:
• (soogdiere) Benige struktuur op die kop van sommige diere, waarmee die dier homself verdedig.
• (musiek) 'n Blaasinstrument.
Gebruik:
• Die renoster se horing word afgesaag. Die koedoe het reusagtige horings.
• Gideon het op sy horing geblaas terwyl hy sy kruik stukkend geslaan en sy fakkel gewaai het.
Spreekwoord:
• As die perde horings kry. [Onmoontlik.]
• Die bul by die horings pak. [Om 'n moeilike taak aan te durf.]
• Hoe ouer die bok, hoe harder die horing. [Hoe ouer 'n mens is, hoe meer ervare is hy.]