saffraan [boodskap #126951] |
So, 07 Julie 2019 09:15 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
saffraan
Afbreking: saf•fraan
Selfstandige naamwoord: saffraan
Meervoud: saffrane
Betekenis:
• (kookkuns) 'n Spesery van die blom van die saffraankrokus (Crocus sativus).
Gebruik:
• Saffraan word gekenmerk deur 'n bitter smaak en 'n hooi-agtige geur wat kos 'n ryk goudgeel skakering gee.
• Ma kook rys met saffraan.
Spreekwoord:
• Soveel van iets weet soos 'n kat van saffraan. [Niks weet nie. Geen kennis van iets dra nie.]
Afgelei:
• saffraangeel
• saffraanagtig
Vertaling:
Engels: saffron
Nederlands: safraan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|