opsetlik [boodskap #126922] |
Sat, 06 July 2019 15:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opsetlik
Afbreking: op•set•lik
Byvoeglike naamwoord: opsetlik
Vergrotende trap: opsetliker
Oortreffende trap: opsetlikste
Attributief: opsetlike
Partitief: opsetliks
Betekenis:
• Met bewuste bedoeling gedoen; voorbedagtelik.
Gebruik:
• Die onderwyser maak 'n opsetlike fout om te kyk of die kinders nog wakker is.
Antoniem:
• onopsetlik
Vertaling:
Engels: intentional, deliberate
Nederlands: opzettelijk
Bywoord: opsetlik
Betekenis:
• Met bewuste bedoeling gedoen.
Gebruik:
• Hy het opsetlik nie sy huiswerk gedoen nie.
Vertaling:
Engels: intentionally, deliberately
Nederlands: opzettelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|