Betekenis:
• Water wat hard geword het. Die vaste vorm van water as dit vries; bevrore water.
• 'n Bevrore lekkerny (slegs in die verkleiningsvorm: ysie, ysies).
Gebruik:
• Water verander by 0 °C van 'n vloeistof na ys.
• Die kinders het koeldrank in die vrieskas gesit om dit te laat vries en ysies te maak.
Spreekwoord:
• Hy is op dun ys. [In gevaar verkeer.]
• Jou op gladde ys waag. [Iets gevaarliks onderneem.]
• Jy moet eers die ys breek. [Die eerste moeilikheid of koelheid oorkom.]