Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tronk
tronk [boodskap #126910] Sa., 06 Julie 2019 07:02
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25484
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Gevangenes in 'n tronk.
Gevangenes in 'n tronk.
tronk
Afbreking: tronk




Selfstandige naamwoord: tronk
Meervoud: tronke
Verkleinwoord: tronkie
Meervoud van verkleining: tronkies

Betekenis:
• 'n Plek van aanhouding; gebou of inrigting waar mense as straf vir hul oortredings opgesluit word.

Gebruik:
• 'n Persoon wat in 'n tronk sit, word 'n gevangene of prisonier genoem, terwyl die personeel as tronkbewaarders bekend staan.

Spreekwoord:
• Van nuuskierigheid is die tronk vol. ['n Mens moet nooit te nuuskierig wees nie.]
• Sy gesante en trawante sit saam in die tronk. [Iemand se helpers, veral in slegte sake.]

Sinoniem:
• gevangenis
• tjoekie

Hiponiem:
• kerker

Verwant:
• gevangene

Afgelei:
• tronkbewaarder
• tronkdeur
• tronklewe
• tronkontsnapping
• tronksel
• tronkstraf
• tronkvoël

Vertaling:
Engels: prison, jail, gaol
Nederlands: gevangenis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: doos
Volgende onderwerp: ys
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jun. 14 21:44:00 UTC 2026