| doos [boodskap #126909] |
Sa., 06 Julie 2019 06:47 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24900 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Kartondoos.
doos
Afbreking: doos
Selfstandige naamwoord: doos
Meervoud: dose
Verkleinwoord: dosie
Meervoud van verkleining: dosies
Betekenis:
• 'n Reghoekige houer van 'n ligte materiaal, soos karton, hout of blik.
• (plat) 'n Dom of veragtelike persoon.
Gebruik:
• Pak die boeke in die doos.
• Watter doos het die hek oopgelos?
Spreekwoord:
• Uit die oude doos. [Ouderwets, nostalgies.]
Sinoniem:
• boks
Hiponiem:
• blikdoos
• kartondoos
• kompasdoos
• pildoos
• pilledoos
• poeierdoos
• potlooddoos
• saaddoos
• sigaardoos
• snuifdoos
• tonteldoos
• verfdoos
Afgelei:
• doosvormig
• doosvrug
Vertaling:
Engels: box, case
Nederlands: doos
Nota:
• In Afrikaans kan jy jou skoene in 'n doos smyt, maar jy kan ook 'n doos in 'n boks smyt.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|