Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haak
haak [boodskap #126889] Do., 04 Julie 2019 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 26313
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
Senior Lid
'n Hyskraan se haak.
'n Hyskraan se haak.
haak
Afbreking: haak




Selfstandige naamwoord: haak
Meervoud: hake
Verkleinwoord: hakie
Meervoud van verkleining: hakies

Betekenis:
• 'n Gebuigde stuk metaal waaraan iets opgehang of waarmee dinge bymekaar voeg word.

Gebruik:
• Die seerower se regterhand is met 'n haak vervang.
• Die karkasse hang aan hake in die slagpale.

Spreekwoord:
• Dit is in die haak. [Die saak is reg.]

Afgelei:
• haakhou
• haakneus
• haakplek
• haakvormig
• haak-en-steek
• weerhaak

Vertaling:
Engels: hook, clasp, bracket
Nederlands: haak


Werkwoord: haak
Verlede tyd: het gehaak
Verlede deelwoord: gehaakte

Betekenis:
• Om met 'n haak te gryp of vas te hou.

Gebruik:
• Pasop dat jou trui nie aan die doringtak haak nie.
• Pa het die sleepwa aan die motor gehaak.

Spreekwoord:
• Sy plaat haak vas. [Iemand praat aanhoudend oor dieselfde onderwerp.]

Vertaling:
Engels: to hitch on, hook, hook on
Nederlands: haken

Nota:
• Pas op om nie "hak" met "haak" te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hak
Volgende onderwerp: krokodil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Aug. 30 16:18:02 UTC 2026