Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » haak
haak [boodskap #126889] Thu, 04 July 2019 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hyskraan se haak.
'n Hyskraan se haak.
haak
Afbreking: haak




Selfstandige naamwoord: haak
Meervoud: hake
Verkleinwoord: hakie
Meervoud van verkleining: hakies

Betekenis:
• Gebuigde stuk metaal waaraan iets opgehang word.

Gebruik:
• Die seerower se regterhand is met 'n haak vervang.

Afgelei:
• haakhou
• haakneus
• haakplek
• haak-en-steek
• weerhaak

Vertaling:
Engels: hook, clasp, bracket
Nederlands: haak


Werkwoord: haak
Verlede tyd: het gehaak

Betekenis:
• Met 'n haak gryp of vashou.

Gebruik:
• Die jagluiperd se valskloutjie haak aan die prooi se vel en word dan teruggeruk.
• Sy voet haak vas en hy skiet homself per ongeluk.

Spreekwoord:
• Sy plaat haak vas. [Iemand praat aanhoudend oor dieselfde onderwerp.]

Vertaling:
Engels: to hitch on, hook, hook on
Nederlands: haken

Nota:
• Pas op om nie "hak" met "haak" te verwar nie.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hak
Volgende onderwerp: krokodil
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 16:58:47 UTC 2024