Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koud
koud [boodskap #126887] Thu, 04 July 2019 18:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
koud
Afbreking: koud
Uitspraak: /kœut/




Byvoeglike naamwoord: koud
Vergrotende trap: kouer
Oortreffende trap: koudste
Attributief: koue
Intensief: bibberkoud, yskoud

Betekenis:
• Wat 'n lae temperatuur het; nie warm is nie; koel.
• Onvriendelik en afsydig.

Gebruik:
• My pap is koud.
• Sy was baie koud teenoor my.

Spreekwoord:
• Oud maar nog nie koud nie. [Nog aan die gang en lewenskragtig.]

Vergelyking:
• So koud soos ys.

Antoniem:
• warm

Vertaling:
Engels: cold, chilly
Nederlands: koud

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: deelteken
Volgende onderwerp: hak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 16:19:55 UTC 2024