Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
dagga
Afbreking: dag•ga
Uitspraak: /ˈda.xa/
Selfstandige naamwoord: dagga
Meervoud: –
Betekenis:
• (plantkunde) 'n Geharde struikagtige plant in die genus Cannabis wat byna oral kan groei.
• (medies) Die blare van die daggaplant wat as dwelmmiddel gerook word.
Gebruik:
• In sekere lande is dit wettig om dagga vir persoonlike gebruik te groei.
• Dagga het ook medisinale waarde, soos om pyn ná operasies te verlig.