Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wa
Afbreking: wa
Uitspraak: /vɑː/
Selfstandige naamwoord: wa
Meervoud: waens
Verkleinwoord: waentjie
Meervoud van verkleining: waentjies
Betekenis:
• 'n Tradisionele vervoermiddel met vier wiele wat deur 'n span trekdiere getrek word.
• 'n Deel van 'n trein; spoorwa; treinwa.
Gebruik:
• Aan 'n nuwe wa kan jy sien of dit 'n goeie skilder was, aan 'n oue of dit 'n goeie wamaker was. [Langenhoven]
• Die eetsaal is in die vyfde wa.
Spreekwoord:
• Hy is voor op die wa. [Te opdringerig wees.]
• Die wa voor die osse span. [Agterstevoor te werk gaan.]
• Hy is 'n vyfde wiel aan die wa. [Iemand wie se hulp onnodig is of las veroorsaak.]
• In sy gewete kan 'n wa en span osse draai. ['n Buitengewone rekbare gewete hê.]
• Die wa deur die drif trek. [Daarin slaag om 'n moeilike taak te verrig of 'n probleem op te los.]
• Ek meneer en jy meneer, wie sal dan die wa smeer. [Wie sal die handewerk doen as almal geleerd is.]