Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rekenaar
rekenaar [boodskap #126871] Wo, 03 Julie 2019 19:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Persoonlike rekenaar met 'n sleutelbord, muis en twee monitors.
'n Persoonlike rekenaar met 'n sleutelbord, muis en twee monitors.
rekenaar
Afbreking: re•ke•naar
Uitspraak: /ˈriə̯kənɑːr/




Selfstandige naamwoord: rekenaar
Meervoud: rekenaars
Verkleinwoord: rekenaartjie
Meervoud van verkleining: rekenaartjies

Betekenis:
• (rekenaarwetenskap) Masjien waarop 'n mens tik, inligting bêre en programme (soos speletjies) loop. Elektroniese toestel wat 'n program uitvoer om 'n bepaalde taak te verrig.
• (beroep) 'n Persoon wat in diens geneem is om rekenwerk te doen; berekenaar.

Gebruik:
• My rekenaar se hardeskyf het gekalf.
• Sy was 'n rekenaar wat die Duitsers Enigma-kode probeer ontsyfer het.

Sinoniem:
• komper
• blikbrein

Hiponiem:
• blitsrekenaar
• kitsrekenaar
• skootrekenaar

Afgelei:
• rekenaarbediener
• rekenaardiens
• rekenaargeletterd
• rekenaarmuis
• rekenaarnetwerk
• rekenaaroperateur
• rekenaarprobleem
• rekenaarprogram
• rekenaarprogrammeerder
• rekenaarspeletjie
• rekenaarstelsel
• rekenaartaal
• rekenaarterminaal
• rekenaartoestel
• rekenaarvaardigheid

Vertaling:
Engels: computer
Nederlands: computer
Xhosa: ikompiyuta
Zoeloe: ikompiyutha

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kaas
Volgende onderwerp: Donderdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 19:54:40 MGT 2024