Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bepaald
bepaald [boodskap #126864] Wed, 03 July 2019 07:17
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bepaald
Afbreking: be•paald
Uitspraak: /bəˈpɑːɫt/



Byvoeglike naamwoord: bepaald
Vergrotende trap: bepaalder
Oortreffende trap: bepaaldste
Attributief: bepaalde
Partitief: bepaalds

Betekenis:
• Noukeurig vasgestel, noukeurig omskryf, afgesproke.
• Nie nader aan te dui nie.
• Beslis; baie seker; stellig.
• (taalkunde) Om te verwys na 'n spesifieke geval wat uit die konteks duidelik is.

Gebruik:
• In hierdie bepaalde gevalle sal die reël nie toegepas word nie.
• In bepaalde gevalle gaan ons anders te werk.
• Ek kan dit bepaald nie goedkeur nie.
• Die bepaalde lidwoord in Afrikaans is "die".

Vertaling:
Engels: specific, certainly, definite, fixed, positive
Nederlands: bepaald


Bywoord: bepaald

Betekenis:
• Beslis, stellig, sekerlik.

Gebruik:
• Die man het bepaald bedank.

Vertaling:
Engels: positively, decidedly, undoubtedly, unmistakably
Nederlands: bepaald

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: groente
Volgende onderwerp: pens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:56:18 UTC 2024