herdersdig [boodskap #126848] |
Mon, 01 July 2019 20:54 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
herdersdig
Afbreking: her•ders•dig
Samestelling: herders + (ge)dig
Selfstandige naamwoord: herdersdig
Meervoud: herdersdigte
Verkleinwoord: herdersgediggie
Meervoud van verkleining: herdersgediggies
Betekenis:
• 'n Gedig waarin die lewe van herders geïdealiseer word.
Gebruik:
• Hierdie versvorm, wat tradisioneel gebruik is vir die pastorale of herdersdig, is gou deur die formele digters nagevolg.
Sinoniem:
• herdersgedig
• idille
• ekloge
Verwant:
• herdersdigter
Vertaling:
Engels: pastoral poem, bucolic, eclogue, idyll
Nederlands: herdersdicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|