verwysing [boodskap #126841] |
Mon, 01 July 2019 07:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21089 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verwysing
Afbreking: ver•wy•sing
Uitsrpaak: /fərʋɛiːsəŋ/
Selfstandige naamwoord: verwysing
Meervoud: verwysings
Verkleinwoord: verwysinkie
Meervoud van verkleining: verwysinkies
Betekenis:
• Die handeling om te verwys. Aanduiding dat elders gesoek moet word.
Gebruik:
• Waar kom die inligting vandaan, kan u asseblief 'n verwysing verskaf.
• Ek sal jou verwysings deeglik kontroleer.
Afkorting:
• verw.
Afgelei:
• bladsyverwysing
• verwysingsnommer
• verwysingspunt
• verwysingsraamwerk
• verwysingsveld
• terugverwysing
Vertaling:
Engels: reference, referral
Nederlands: verwijzing
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|