| oorlams [boodskap #126839] |
Ma., 01 Julie 2019 07:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26354 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
oorlams
Afbreking: oorlams
Byvoeglike naamwoord: oorlams
Attributief: oorlamse
Betekenis:
• Wat handig, bedrewe en ervare is.
• Wat uitgeslape en skelm is.
Gebruik:
• Die nuwe werker is oorlams.
• Die oorlamse handelaar doen sy kliënt in.
Sinoniem:
• bedrewe
• skelm
• slim
• uitgeslape
Afgelei:
• oorlamsheid
Vertaling:
Engels: clever, shrewd, cunning, sly
Nederlands: sluw, slim, doortrapt
Nota:
• Van Maleis, orang lama datang, "mense wat lank gelede aangekom het", "oudgediende", "veteraan".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|