Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » present
present [boodskap #126838] Ma, 01 Julie 2019 07:19
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Presente
Presente
present
Afbreking: pre•sent



Selfstandige naamwoord: present
Meervoud: presente
Verkleinwoord: presentjie
Meervoud van verkleining: presentjies

Betekenis:
• 'n Geskenk; iets wat iemand ontvang of aan iemand anders gee, sonder om iets terug te verwag.

Gebruik:
• Koop vir jou broer 'n present vir sy verjaarsdag.
• Wat is die snaaksste present wat jy al gekry het?

Sinoniem:
• geskenk

Afgelei:
• troupresent
• verjaarsdagpresent

Vertaling:
Engels: gift, present
Nederlands: cadeau, geschenk
Zoeloe: isipho

Nota:
• Pas op om nie "present" met "persent" te verwar nie. Met uitspraak wissel die r- en l-klanke in onbeklemtoonde lettergrepe soms met die vokaal plekke. So kan present wel as persent (iets totaal anders) uitgespreek word.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wors
Volgende onderwerp: oorlams
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 19:13:16 MGT 2024