Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » deelwoord
deelwoord [boodskap #126833] So., 30 Junie 2019 20:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25484
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
deelwoord
Afbreking: deel•woord
Samestelling: deel + woord



Selfstandige naamwoord: deelwoord
Meervoud: deelwoorde
Verkleinwoord: deelwoordjie
Meervoud van verkleining: deelwoordjies

Betekenis:
• 'n Vorm van die werkwoord wat byvoeglik en/of in kombinasie met 'n hulpwerkwoord gebruik word.

Gebruik:
• Die verlede deelwoord van sterf is "gesterf" (die werkwoord is "het gesterf").
• "Sterwende" is die teenwoordige deelwoord van "sterf".
• Swak verlede deelwoorde word letterlik gebruik (bv. 'n gebreekte been), terwyl sterk verlede deelwoorde figuurlik gebruik word (bv. 'n gebroke hart).

Hiponiem:
• teenwoordige deelwoord
• verlede deelwoord
• voltooide deelwoord

Afkorting:
• dw.

Vertaling:
Engels: participle
Nederlands: deelwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: seisoen
Volgende onderwerp: illustrasie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Jun. 14 23:40:45 UTC 2026