Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voegwoord
voegwoord [boodskap #126829] Sun, 30 June 2019 19:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21089
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
voegwoord
Afbreking: voeg•woord
Samestelling: voeg (ww.) + woord (s.nw.)
Uitspraak: /ˈfuxvuə̯rt/



Selfstandige naamwoord: voegwoord
Meervoud: voegwoorde
Verkleinwoord: voegwoordjie
Meervoud van verkleining: voegwoordjies

Betekenis:
• (grammatika) 'n Woord wat twee sinsdele met mekaar verbind (woordsoort).

Gebruik:
• In die sin "Ek is siek, maar het skool toe gekom", is "maar" 'n voegwoord.

Sinoniem:
• verbindingswoord
• konjunksie

Afkorting:
• voegw.
• vgw.

Vertaling:
Engels: conjunction
Nederlands: voegwoord

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: penis
Volgende onderwerp: sebra
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 04:26:37 UTC 2025