waatlemoen [boodskap #126825] |
Sun, 30 June 2019 19:04 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waatlemoen
Afbreking: waat•le•moen
Uitspraak: /ˈvɑːtləˌmun/, /vɑːtˈləmun/, /vɑtˈləmun/
Selfstandige naamwoord: waatlemoen
Meervoud: waatlemoene
Verkleinwoord: waatlemoentjie
Meervoud van verkleining: waatlemoentjies
Betekenis:
• 'n Sappige, waterryke rankvrug (Citrullus vulgaris) wat buite groen en binne rooi is.
Gebruik:
• 'n Waatlemoen is ryk aan water, en deur dit te eet kan mens se dors geles word.
Wisselvorm:
• wartlemoen
• waterlemoen
Afgelei:
• waatlemoenfees
• waatlemoenkonfyt
Vertaling:
Engels: watermelon
Nederlands: watermeloen
Venda: bvani
Zoeloe: ikhabe
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|