Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » boer
boer [boodskap #126820] Sun, 30 June 2019 18:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
boer
Afbreking: boer
Uitspraak: /buːr/




Selfstandige naamwoord: boer
Meervoud: boere
Verkleinwoord: boertjie
Meervoud van verkleining: boertjies

Betekenis:
• Persoon wat op 'n plaas werk of 'n plaas besit; iemand wat landbou of veeteelt as beroep uitoefen; landbouer of veeteler.

Gebruik:
• Die boer hoop op reën om die droogte te breek voordat hy kan plant.

Spreekwoord:
• 'n Boer maak 'n plan. [Iemand wat vindingryk is.]
• Hy lag soos 'n boer met tandpyn. [Suur, gedwonge lag.]
• Die boer die kuns afvra. [Om 'n geheim te probeer uitvis.]
• Jy ken die boer aan sy kalwers. ['n Mens se dade weerspieël sy hoedanighede.]
• As die jakkals die passie preek, moet die boer sy ganse oppas. ['n Skelm se vroom praatjies maak 'n mens agterdog.]
• Die beste boer woon in die stad. [As iemand 'n werk nie self doen nie, dink hy dikwels hy weet beter as die een wat kan.]
• Waar die boer nie is nie, word sy baard nie geskeer nie. [As die eienaar nie vir sy sake sorg nie, word hulle verwaarloos.]

Hiponiem:
• knapsakboer
• mielieboer
• saaiboer
• suiwelboer
• tjekboekboer
• veeboer

Afgelei:
• boerboel
• boerbok
• boerpampoen
• boerpot

Vertaling:
Engels: farmer, peasant
Nederlands: boer


Werkwoord: boer
Verlede tyd: het geboer

Betekenis:
• 'n Boerdery op 'n plaas onderhou; landbou of veeteelt beoefen.
• 'n Plek gereeld besoek.
• 'n Verdienste uit iets maak.

Gebruik:
• Jan boer met skape en beeste.
• Piet boer in die kroeg.
• Sannie boer met posduiwe.

Spreekwoord:
• Hy boer agteruit. [Maak geen vordering nie.]
• Sy boer daar. [Lê daar/ is dikwels op die genoemde plek.]
• Hulle boer onder een sambreel. [Soos die een maak, so maak die ander.]

Vertaling:
Engels: to farm
Nederlands: boeren

Nota:
• 'n Boer met 'n hoofletter "B" is 'n lid van die Afrikaner boerevolk.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: jou
Volgende onderwerp: wind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 16:35:12 UTC 2024