Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » pag
pag [boodskap #126818] Sun, 30 June 2019 18:01
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
pag
Afbreking: pag



Selfstandige naamwoord: pag
Meervoud: pagte

Betekenis:
• Geld vir die vruggebruik van grond. Reëling om die huurgeld vir grond te betaal of in te vorder.

Gebruik:
• Die boer het nie sy pag betaal nie en is van die plaas afgesit.

Spreekwoord:
• Die wysheid in pag te hê. [Dink jy weet alles.]

Hiponiem:
• erfpag
• vrypag

Afgelei:
• pagbrief
• pagsom
• pagstelsel
• pagter
• pagvry

Vertaling:
Engels: lease, (quit)rent
Nederlands: pacht


Werkwoord: pag
Verlede tyd: het gepag

Betekenis:
• In pag te neem; te huur.

Gebruik:
• Die plaas is lank gepag, maar kan nou aangekoop word.

Vertaling:
Engels: to lease
Nederlands: pachten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: pant
Volgende onderwerp: jou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 16:34:39 UTC 2024