Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bus
Afbreking: bus
Selfstandige naamwoord: bus
Meervoud: busse
Verkleinwoord: bussie
Meervoud van verkleining: bussies
Betekenis:
• Groot voertuig op die pad wat 'n klomp passasiers kan vervoer.
• Blik met gleufie waardeur mens iets kan gooi; houer waarin items geplaas of bewaar word (posbus, briewebus, kollektebus, spaarbus, teebus, ens.)
Gebruik:
• Ek neem elke dag die bus werk toe en terug.
• Gooi die pos in sy bus.
Hiponiem:
• skoolbus
• stembus
Afgelei:
• busbestuurder
• busdrywer
Vertaling:
Engels: bus; box, barrel
Nederlands: bus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.