Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kraai
kraai [boodskap #126813] Sat, 29 June 2019 19:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kraai.
'n Kraai.
kraai
Afbreking: kraai
Uitspraak: /krɑːɪ̯/




Selfstandige naamwoord: kraai
Meervoud: kraaie
Verkleinwoord: kraaitjie
Meervoud van verkleining: kraaitjies

Betekenis:
• 'n Groot (gewoonlik swart) sangvoël in die familie van Kraaiagtiges (Corvidae).

Gebruik:
• Kyk, daar sit 'n kraai in die boom!
• 'n Kraai of raaf kras of krys.

Spreekwoord:
• Hy het kind nog kraai. [Geen bloedverwante hê nie.]
• Hy voel soos 'n kraai met pouvere. [Ongemaklik voel.]
• Soveel weet soos 'n kraai van Sondag. [Hoegenaamd niks van iets weet nie.]
• Elke swart kraai dink sy eier is die witste. ['n Mens verbeel jou altyd jou eie goed is die beste.]
• 'n Vlieënde kraai het altyd iets. [Iemand wat baie rondgaan, vind altyd iets uit of kry iets in sy voordeel.]
• Een bont kraai maak nog nie die somer nie. [Uit een enkele geval kan nie 'n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.]

Afgelei:
• boskraai

Vertaling:
Engels: crow
Nederlands: kraai
Venda: funguvhu
Zoeloe: igwababa


Werkwoord: kraai
Verlede tyd: het gekraai
Teenwoordige deelwoord: kraaiend, kraaiende

Betekenis:
• Die geluid wat 'n haan maak (gewoonlik soggens vroeg).

Gebruik:
• Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. [Lukas 22:34]

Spreekwoord:
• Hy kraai koning. [Baas wees.]
• Hy is uit die bed voor die hane kraai. [Baie vroeg.]
• Sy haan moet altyd koning kraai. [Hy moet altyd sy sin kry.]
• Daar sal nooit 'n haan na kraai nie. [Niemand sal dit ooit weet nie.]
• 'n Hen wat kraai word nek omgedraai. ['n Berisping aan meisies wat fluit.]
• Die haan kraai baie harder as die hen wat die eier gelê het. [Gesê van iemand wat hom lof aanmatig wat hom nie toekom nie.]

Vertaling:
Engels: to crow
Nederlands: kraaien
Venda: u lila

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: reënboog
Volgende onderwerp: fliek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:21:35 UTC 2024