reënboog [boodskap #126812] |
Sa, 29 Junie 2019 16:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
reënboog
Afbreking: reën•boog
Samestelling: reën + boog
Uitspraak: /ˈriə̯nbuə̯χ/
Selfstandige naamwoord: reënboog
Meervoud: reënboë
Verkleinwoord: reënbogie
Meervoud van verkleining: reënbogies
Betekenis:
• Halfsirkelvormige optiese verskynsel in die lug by sekere reëntoestande en bewolkte lug met al die kleure van die spektrum.
Gebruik:
• Die kleure van die reënboog is, van buite na binne, rooi, oranje, geel, groen, blou, indigo en violet.
Wisselvorm:
• reentboog (verouderd)
Afgelei:
• reënboogkleure
• reënboogrand
• reënboogvlies
• seereënboog
Vertaling:
Engels: rainbow
Nederlands: regenboog
Venda: musingavhadzimu
Xhosa: umnyama
Zoeloe: u(lu)thingo-lwenkosikazi
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|