Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » medeklinker
medeklinker [boodskap #126808] Sat, 29 June 2019 15:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
medeklinker
Afbreking: me•de•klin•ker
Samestelling: mede- + klinker
Uitspraak: /ˈmiə̯dəˌkləŋkər/




Selfstandige naamwoord: medeklinker
Meervoud: medeklinkers
Verkleinwoord: medeklinkertjie
Meervoud van verkleining: medeklinkertjies

Betekenis:
• (taalkunde) Spraakklank wat deur die vernouing of afsluiting van die spreekkanaal voortgebring word.
• (musiek) Musikale toon wat goed saamklink met ander.

Gebruik:
• Die [p] in "aap" in 'n medeklinker wat die lug voor die afgeslote lippe versamel, wat dan met 'n plofgeluid na buite bars.
• Enkele voorbeelde van medeklinkers is [b], [s] en [d].

Sinoniem:
• konsonant

Antoniem:
• klinker
• vokaal

Vertaling:
Engels: consonant, concord
Nederlands: medeklinker, consonant

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanbied
Volgende onderwerp: pomp
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 16:27:09 UTC 2024