Leksikograaf Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
meteens
Afbreking: met•eens
Bywoord: meteens
Betekenis:
• Skielik of onverwags.
Gebruik:
• Sy besef meteens dat sy haar beursie by die huis vergeet het.
• Insekte, soos treksprinkane en periodieke sikades, kan meteens in reuse hoeveelhede op 'n plek toesak.
Sinoniem:
• skielik
Antoniem:
• geleidelik
Vertaling:
Engels: suddenly, at once
Nederlands: plotseling, opeens
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.