Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » juk
juk [boodskap #126804] Sat, 29 June 2019 12:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Beeste met 'n juk om hul nekke.
Beeste met 'n juk om hul nekke.
juk
Afbreking: juk
Uitspraak: /jœk/




Selfstandige naamwoord: juk
Meervoud: jukke
Verkleinwoord: jukkie
Meervoud van verkleining: jukkies

Betekenis:
• Toestel wat op die skouers gesit word om mens of dier met die dra of trek van voorwerpe te help.
• (figuurlik) Dit wat iemand as 'n las opgelê is.

Gebruik:
• Die wa word ingespan en die juk om die beeste se nekke geplaas.
• Die taak was vir my 'n groot juk, maar dit nou verby.

Spreekwoord:
• Hulle trek in dieselfde juk. [Werk saam of stem saam.]
• Hy dra 'n juk. [Onder las gebuk gaan.]
• Hy het die juk neergelê. [Uit diens tree; aftree.]

Afgelei:
• jukdier
• jukdraer
• jukskei
• roerjuk

Vertaling:
Engels: yoke, beam
Nederlands: juk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: casanova
Volgende onderwerp: meteens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Dec 25 17:03:58 UTC 2024