Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » koek
koek [boodskap #126783] Vr, 28 Junie 2019 18:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Lekker koek.
'n Lekker koek.
koek
Afbreking: koek
Uitspraak: /kuk/




Selfstandige naamwoord: koek
Meervoud: koeke
Verkleinwoord: koekie
Meervoud van verkleining: koekies

Betekenis:
• (voeding) 'n Baksel uit die oond, tipies van deeg gemaak en met versiersuiker bedek.
• (figuurlik) Iets wat aanmekaar vassit/ verstrengel is; 'n min of meer plat, samehangende massa.

Gebruik:
• Ma bak vir ons 'n koek.
• Die vislyn het 'n koek gemaak.

Spreekwoord:
• Die koek het in die as geval. [Die saak het misluk.]
• Tussen die bye, maar nog nie by die koek nie. [Byna, maar nog nie heeltemal nie.]
• Vir vandag se brood kry jy môre se koek. [Wie goed doen, word geseën.]

Hiponiem:
• heuningkoek
• kaaskoek
• sjokoladekoek
• sponskoek
• verjaardagkoek
• vetkoek
• wortelkoek

Afgelei:
• koekmengsel
• koekroller

Vertaling:
Engels: cake; knot
Nederlands: koek


Werkwoord: koek
Verlede tyd: het gekoek

Betekenis:
• Om 'n min of meer plat, samehangende massa te vorm; verstrengel raak; aanmekaarpak.

Gebruik:
• Die vislyn koek maklik.

Vertaling:
Engels: to tangle
Nederlands: koeken

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bek
Volgende onderwerp: nag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 19:26:28 MGT 2024